Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

2 gaan weer streng kom dans ná fout
Nov 21 2008 09:29:27:630PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Uit, maar nou weer in. Hayley Bennett en Garth Collins, wat weens 'n optelfout verkeerdelik uit SABC 2 se Strictly come dancing gestem is. Foto: Cathy Pinnock
Sanri van Wyk


Weens ’n elektroniese optelfout kry die paartjie wat eergisteraand op die agtste episode van SABC2 se Strictly come dancing “uitgestem” is, ’n tweede kans.

Die vervaardigers van die reeks het gister bekend gemaak Garth Collins, voorheen bekend as die Gladiator Granite, en sy dansmaat, Hayley Bennett, is om dié rede verkeerdelik uitgestem.

Weens die rekenaar se optelfout het die paartjie teen 5fm se Anele Mdoda en Brandon Eilers Le Riche gedans, terwyl hulle eintlik teen die model en TV-aanbieder Tessa van Duuren en Grant Esterhuizen moes gedans het.

Kykers se stemme tel 50%, maar in die geval van ’n gelykoptelling moet die paartjies weer dans en het die beoordelaars – Lilian Phororo, Dave Campbell, Salome Sechele en Tyrone Watkins – die laaste sê.

Luidens ’n verklaring het ’n fout ingesluip met die formule wat gebruik word om kykers se stemme met die beoordelaarspunte te versoen.

Die verkeerde formule is gebruik. Dit blyk dat verlede week se formule gebruik is en nie die opgedateerde een nie.

“Die agtste episode is die grootste uitdaging in die reeks,” sê me. Kee-Leen Irvine, uitvoerende vervaardiger van Rapid Blue wat die reeks in Suid-Afrika vervaardig.

Volgens haar het die produksiespan, sowel as ’n span ouditeure, net ’n paar minute om die punte op te tel.

“Die stemme is so naby mekaar dat daar dikwels op die laaste nippertjie veranderinge intree,” sê Irvine.

Sy sê die ouditeure gaan die uitslae altyd eers na, maar toe die fout opgemerk is, was dit midde-in die uitsending van die uitslae.

As gevolg van die fout keer Bennett en Collins terug na die reeks.

Die vervaardigers sal volgende week bekend maak hoe die uitstemmingsproses aangepas gaan word.

Vandeesweek se stemme sal by volgende week s’n gevoeg word.

Die reeks, met ’n gelyknamige BBC-reeks as grondslag, word elke Donderdag van 19:30 tot 20:30 en van 21:30 tot 22:00 uitgesaai.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |