Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Mathys se huweliksbootjie op die roetse
Nov 21 2008 09:29:26:070PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mathys Roets
Sanri van Wyk

Die sanger Mathys Roets en sy vrou, Karen, gaan ná ’n huwelik van nege jaar skei.

Roets het gister op die sosiale netwerk Facebook geskryf: “Mathys Roets is besig om te skei. Daar het julle dit nou. Getroud klink nie meer reg nie. Ek het intussen ’n nuwe maatjie ontmoet en sy is vrek oulik.”

“Dit kom al lank,” het Roets gister aan Beeld bevestig.

“Verlede jaar reeds het ons paaie uitmekaar begin gaan. Ons was vir drie maande uit, maar toe het ons weer probeer.”

Dit het egter nie gewerk nie en in Julie vanjaar het hy uit hul huis in Midstream, Centurion, getrek.

“Sy het aangegaan met haar goeters en ek het aangegaan met my goed. Dit is maar die deal.

“Dit is moeilik om weer alles reg te maak. Dit is maar hoe dit is.”

Toe hy uitgetrek het, het Roets besluit om in die woonbuurt te bly sodat hy naby hul twee seuns, ’n vyfjarige en ’n negejarige, kan wees.

Roets het gesê hy en sy vrou het reeds ’n ooreenkoms bereik en wag nou op ’n hofdatum.

Volgens hom is hulle nie kwaaivriende uitmekaar nie.

“Ons is glad nie vies vir mekaar nie.

“Ek kom en gaan nog by die huis en laai die kinders op.”

Die hele gesin gaan nog die einde van die jaar met vakansie.

Mev. Roets beaam daar is nie “kwade gevoelens” nie en hulle is “beleefd” met mekaar.

Sy sê dit was vir haar baie moeilik om met ’n kunstenaar getroud te wees en dis waarskynlik hoekom hul paaie skei.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |