Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||
|
Springbok word onverskillig gehanteer, sê Mluleki
Kaapstad. – Mnr. Mluleki George, Cope se nasionale organiseerder, sê die debat oor die Springbok-embleem word “onverskillig” gehanteer. Al was hy aan die begin van die 1990’s as president van die Grens-rugbyunie en voorsitter van die nasionale sportkongres (NSC) teen die behoud van die Bok, het oudpres. Nelson Mandela hom oortuig dis belangrik vir nasiebou. “Ons het twee keer met hom oor die saak vergader en hy het aan ons gesê: ‘Manne, ons bou ’n nuwe nasie en die Bok is vir baie mense belangrik. Dit is nie die moeite werd om verdeeldheid oor ’n sportembleem te saai nie.’ Toe het ons besluit dit bly saam met die Protea.” Dié reëling werk al sedert 1992, sê George, en hy kan nie verstaan hoekom dinge nou moet verander nie. “Hoekom is daar nou ’n debat oor die embleem? Dit is onverskillig. Dit is nie nou ’n voorkeursaak nie. Daar is báie ander kwessies wat ons aandag verg: armoede, werkskepping, die vermoë van mense om brood op die tafel te sit. Dít is waaroor ons moet praat.” Hy het die uitsprake deur mnre. Butana Komphela en Cedric Frolick, ANC-LP’s en onderskeidelik voorsitter en adjunkvoorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, hieroor as “onverskillig” gekritiseer. “Komphela is ’n goeie man, maar hy kan nie tussen sy private oortuigings en dít wat vir die hele land – swart en wit – goed is, onderskei nie.” Die eerste steun wat Komphela en Frolick die laaste paar dae in die parlement gekry het, het van ’n enkele ANC-LP gekom. Mnr. Moses Dikgawci, ook lid van die sportkomitee, het ’n klag wat die VF+ teen hulle by die speaker ingedien het as “bedenklik” bestempel omdat die VF+ nie die komitee se laaste vergadering bygewoon het nie. Mnr. Willie Spies (VF+-LP) sê hul uitsprake, ook Frolick s’n dat rugby ’n misdadigersport (delinquent sport) is, kom neer op die misbruik van parlementêre privilegie. Dikgawci het Spies se kritiek op Komphela en Frolick in die Nasionale Vergadering (NV) verwerp omdat hy nie lid van die komitee is nie en hom daarvan beskuldig dat hy “as spreekbuis vir konserwatiewe elemente in die media gebruik word wat alle objektiwiteit verloor het wanneer oor die stand van rugby gepraat word”. Hy wou weet waar Spies was toe Peter de Villiers se geskiktheid vir die pos van Springbok-afrigter bevraagteken is of toe verskeie voorvalle van mishandeling van swart mense by rugbystadions bespreek is. “Dít is die werklikheid wat ons moet takel wanneer die kwessie van rassisme en ongelykheid in rugby gepak word. “Die waarheid kan dalk ongemaklik wees en pynlik om te aanvaar, maar moet vertel word,” het Dikgawci gesê.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|