Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
2 loop deur op plase in N-wes
’N Vrou en ’n tienerseun het Vrydag in twee afsonderlike voorvalle onder plaasaanvallers in die Rooigrond- en Burhmannsdrift-omgewing in Noordwes deurgeloop. Niemand is beseer nie. In die eerste voorval omstreeks 12:00 is ’n 16-jarige seun in hul plaashuis by Mooimeisiesfontein naby Rooigrond vasgemaak terwyl goedere uit die huis gesteel is, en in die ander voorval omstreeks 13:00 is ’n 48-jarige vrou in haar plaashuis by Buhrmannsdrift vasgemaak en die huis deurgesoek. Net haar selfoon is geroof. Volgens insp. Carina Fourie, polisiewoordvoerder, was die seun alleen toe hy oorval is. Die verdagtes het hom in die badkamer vasgebind. “Die seun het omstreeks 14:00 daarin geslaag om homself te bevry en vir sy pa ’n please call me gestuur.” Volgens Fourie was die verdagtes vermoedelik onder die indruk niemand is tuis nie nadat die ouers dorp toe gery het en die huiswerker reeds huis toe was. Vyf verdagtes is gister in verband met dié voorval in hegtenis geneem en van die gesteelde items, waaronder ’n wapen, is terug gevind. In die tweede voorval het drie mans me. Judie Oosthuizen buite haar huis genader en geld gevra. Volgens kapt. Ezekiel Mogapi, polisiewoordvoerder, het Oosthuizen in en uit haar huis beweeg terwyl sy skoonmaakwerk gedoen het. “Dit lyk of hulle haar bewegings dopgehou het,” sê Mogapi. Oosthuizen, wat alleen woon, het vir die mans gesê sy het nie geld by haar nie. Hulle het haar met ’n draad onder ’n tafel vasgebind en die huis deurgesoek. “Net haar selfoon is weg. Hulle het glo die motor probeer steel, maar kon dit nie aanskakel nie.” Die mans het toe gevlug. Oosthuizen se dogter het haar omstreeks 17:00 vasgebind gevind. Mogapi sê dié voorval kan vermoedelik verbind word met ’n ander voorval voorverlede week op ’n plaas sowat 5 km van Oosthuizen se huis af. “Dieselfde metode is gebruik. Hulle het ook geld gevra en toe die vrou, huiswerker en tuinwerker vasgemaak. Hulle het twee skootrekenaars, ’n kamera en selfone gesteel. Niemand is ook tóé beseer nie.” Intussen sê me. Santie Geldenhuys, voorsitter van die distrikslandbou-unie van TLU, hulle is baie bekommerd oor al die plaasaanvalle die afgelope drie weke. “Dit is nou nege aanvalle in Noordwes die afgelope drie weke waarvan ons bewus is.” Sy sê die jongste twee voorvalle bring die totaal op vier aanvalle binne twee weke binne ’n radius van 10 km te staan. “Dit is so onnodig om vroue en kinders te teiken. Hulle is sagte teikens. Die meisies op die plase is histeries; hulle wil dorp toe trek.” Geldenhuys sê die unie maan boere om nie hul veiligheid te verslap nie en kalm te bly. “Maar dit is moeilik om beheer toe te pas en nie eie reg te gebruik nie. Die wapenwet het dit so moeilik gemaak; die mense is te bang om hul wapens te gebruik.” Geldenhuys sê verder die polisie kom vinnig uit na die tonele, maar dit is nodig om proaktief op te tree.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|