Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Polisie arresteer 2, skiet 1 oor moord
Nov 24 2008 07:18:48:533PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Linda de Beer

Die polisie in Noordwes het een verdagte dood geskiet en twee gearresteer weens die moord op 3 November op mnr. Brink Botha (53) van Mamogaleskraal in die Brits-omgewing.

Mnre. Given Zondi Nkuna en Thomas Chauke, ’n Zimbabwiese burger, is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat inligting van die gemeenskap die polisie na Soshanguve in Pretoria gelei het, het adj.komm. William Mpembe gesê.

’n Derde verdagte, mnr. Derick Mabasa, ook ’n Zimbabwiër, het hom teen arrestasie verset en is noodlottig gewond toe die polisie op hom geskiet het.

Botha is twee keer in die bors geskiet tydens ’n worsteling met drie gewapende rowers deur ’n gebreekte kamervenster. Hy wou keer dat hulle die huis binnekom. Sy vrou, Christelle (39), en dogter, Odelia (13), is deur die rowers aangehou. Die gesin se ses honde is vergiftig.

Mpembe het gesê die polisie soek nog na ’n voormalige werker van die Bothas, ook ’n verdagte in die saak. Die ander twee verdagtes het gister die eerste keer in die hof verskyn. Die verloop van die hofverskyning was teen druktyd nie bekend nie. – Linda de Beer


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |