Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Geskors oor rassisme op Facebook
Nov 24 2008 09:11:33:673PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carla van Niekerk

’n Student van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus is geskors ná tugstappe teen sewe studente wat na bewering lede van ’n rassistiese Facebook-groep was.

Mnr. Louis Jacobs, universiteitswoordvoerder, sê die klagtes teen die ander ses studente is teruggetrek nadat die tugkomitee geen bewyse kon vind dat hulle hulself met die groep verbind het nie.

Die naam van die student wat geskors is, kan nie bekend gemaak word nie omdat dit ’n interne saak is en hy verlof tot appèl gekry het.

Volgens Jacobs is die student geskors omdat sy gedrag die universiteit se goeie naam, orde, dissipline of uitvoering van die werking van die universiteit, of enige deel daarvan, skade berokken het of kon berokken.

“Vir die universiteit om orde en dissipline te handhaaf het die instelling sekere regte met betrekking tot die verwagtinge oor die gedrag van studente. Die tugkomitee het bevind die gedrag van hierdie student is ’n skending van dié regte.”

Jacobs sê die student gaan by die universiteit aanbly totdat die appèl afgehandel is. Dit sal moontlik volgende jaar afgehandel word.

Die universiteit het aanvanklik 13 studente geïdentifiseer wat na bewering verlede maand by die rassistiese groep betrokke was.

Luidens verklarings deur sommige van dié studente was hulle onbewus van hul name op die groep.

Dié groep, met die naam “ek laaik nie n (sic) houtkop nie sou (sic) what”, het ’n foto gepubliseer van ’n wit jongman met ’n geweer wat by die “lyk” van ’n swart seun kniel.

Die groep is kort daarna “gekaap” deur ’n ander groep “vir almal wat rassiste haat”.

Die oorspronklike groep het in ’n stadium byna 50 lede gehad, maar die ledetal het vinnig afgeneem hoe meer omstrede dit geword het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |