Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

President, ons is bang, sê kinders
Nov 25 2008 08:57:58:483PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Van die 2 400 kinders wat gister met wit houtkruise hulde gebring het aan alle Suid-Afrikaners wat hul lewe weens misdaad verloor het. Foto: Herman Verwey
Elana Carstens

Sowat 2 400 kinders het gister op ’n rugbyveld in Suiderberg, Pretoria, saamgedrom om hulde te bring aan alle Suid-Afrikaners wat hul lewe weens misdaad verloor het.

Die kinders van die Laerskole Booysens en Saamspan en die Hoërskool Suiderberg het met wit houtkruise rondgeloop in die hoop dat die regering aandag aan hul pleidooi om veiligheid sal gee.

Die kinders vra in sowat 2 000 briewe aan pres. Kgalema Motlanthe hy moet die misdaadprobleem oplos, want hulle is te bang om snags te slaap.

“Sowat 90% van die kinders vra in die briewe die doodstraf moet teruggebring word,” het mnr. Kobus Hermitage, organiseerder en voorsitter van die Suid-Afrika Teen Misdaad-aksiegroep, gesê.

“Iets moet dringend aan die misdaad in ons land gedoen word. Ons kinders is te bang om uit hul huise te gaan.”

Tanya Engelbrecht (16) en Lavonne Benade (16), leerlinge aan die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine, het die regering in toesprake daarvan beskuldig dat hulle nie die vermoë het om die misdaad in bedwang te bring nie.

“Ons het nie eens ’n polisiediens wat ons kan vertrou nie, want hulle kom weg met moord,” het Tanya gesê.

“Ons moet saamstaan om misdaad in ons pragtige land hok te slaan. Ons is vir jou Suid-Afrika, Nkosi Sikeleli ’Afrika,” het Lavonne gesê.

Talle verteenwoordigers van politieke partye was ook by die byeenkoms.

Genl. Siphiwe Nyanda, van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het erken daar is probleme in die polisiëringstelsel.

“Ons moet verantwoordelikheid neem vir die dade wat gepleeg is en die swak manier waarop die misdade gehanteer is.”

Mnr. Frik van Wyk van die VF+ is ontsteld oor hoe misdaad die afgelope 14 jaar gehanteer is.

“Dit het die party aan bewind 14 jaar geneem net om te erken daar is wel ’n probleem. Gaan dit hulle nog 14 jaar neem om iets daaraan te doen?”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |