Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Gryp nóú in, eis kenner
Nov 28 2008 06:56:08:677PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Elise Tempelhoff

Bela-Bela (Warmbad). – “Die Vaalrivier Barrage is so besoedel, ’n mens kan byna bo-op die rioolafval loop.”

So het mnr. Francois van Wyk, waterspesialis en bestuurder van die Vaalrivier se opvangsgebied by Rand Water, gister hier by die Environ, ’n omgewingskonferensie, gesê.

Van Wyk het gesê daar was die afgelope drie weke ook aanmekaar visvrektes in dié deel van die rivier waar rioolafval byna onophoudelik instroom en miljoene ton soute vanaf myne en nywerhede deur veral die Kliprivier in hierdie waterbron beland.

Hy het gewaarsku as dinge nie nou verbeter nie, gaan ander diere eersdaags hier begin vrek en visvrektes is maar net die begin.

Van Wyk het gesê dit is kommerwekkend dat sowat 60% van alle plaaslike owerhede in die land nie ’n enkele ingenieur in hul diens het nie.

Altesame 63% van die plaaslike owerhede wat verantwoordelik is vir die suiwering van hul inwoners se drinkwater, is onseker oor die gehalte daarvan.

Hy het gewaarsku dat mense se gesondheid drasties gaan begin agteruitgaan as daar nie nou ingegryp word nie.

Met verwysing na die omstredenheid rondom die voordrag van dr. Anthony Turton, geskorste navorser van die WNNR, het Van Wyk gesê hy stem saam met die bevindinge in sy navorsing.

“Die boodskap wat hy bring, is nie nuut nie.

“Dit wat hy daarin sê, is al twee dekades gelede voorspel. Suid-Afrika se waterbronne het hul verdunningskapasiteit verloor.”

Vroeër was blou-groen alg ’n seisoenale verskynsel.

Nou is dit algemeen.

Dit word veroorsaak deur die onnatuurlike verryking van die water.

Intussen is daar 3 000 vakante poste in die watersektor, het hy benadruk. Die poste sal nóú met kundiges gevul moet word.

Intussen het mnr. Thomas du Toit, woordvoerder van Save the Vaal Environment (Save), gister gesê dié nie-regeringsorganisasie word oorval met oproepe van mense wat die afgelope paar dae in die omgewing van die Barrage en stroomaf by Parys siek geword het nadat hulle van die water in die Vaalrivier ingekry het.

Mnr. Martin Rice, hoofbeampte van die Emerald Challenge, ’n ope waterswemkampioenskap wat jaarliks in die Vaalrivier gehou word, het eergister gesê dié geleentheid is uitgestel omdat die watergehalte in die rivier nie aan behoorlike standaarde voldoen nie.

“Die jaarlikse geleentheid wat môre sou plaasvind, moes ons bepaald uitgestel,” het Rice gesê.

Volgens hom het Rand Water laat weet die water in die Vaalrivier is besoedel.

Van Wyk het gesê die jongste tellings Escherichia coli in die Vaalrivier Barrage is 1 miljoen eenhede per 100 mF water.

Rice het gesê die geleentheid sal aanstaande jaar plaasvind wanneer die organiseerders tevrede is die water in die Vaalrivier is nie skadelik vir mense se gesondheid nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |