Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Tarzan’ kom meer buite
Dec 02 2008 09:23:09:603PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Gesoek: 'Tarzan' se ma
  • Niemand weet wat word van 'Tarzan'
  • 10c koop pad na vryheid
  • Magdel Fourie

    Die agtjarige “Tarzan van die voorstede”, wie se pa hom minstens vier jaar lank in hul huis in Olivedale, Randburg, gevange gehou het, word nou geleidelik aan die buitewêreld gewoond gemaak.

    Hy word ook al hoe meer gereeld met mense in kontak gebring, het me. Khosi Msibi van Johannesburg-Kinderwelsyn gister aan Beeld gesê.

    Die seun het teen gistermiddag steeds nie geweet sy pa is dood nie.

    Die kind se 68-jarige pa is ’n week gelede in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg dood.

    ’n Week tevore is die seuntjie agter die geslote hek van sy pa se huis ontdek toe hy twee 5c-stukke deur ’n opening in die hek gedruk en desperaat na iemand geroep het om vir hom kos te koop.

    Sy ma, na bewering die man se huiswerker, het die huis glo sowat vier jaar gelede verlaat en nooit teruggekeer nie.

    Sedert hy vrygelaat is, ontvang die kind sielkundige behandeling in ’n hospitaal se kinder- psigiatriese eenheid.

    “Hy vorder goed en is al baie kalmer,” het Msibi gesê.

    Om hom ná al die jare van afsondering aan die buitewêreld gewoond te maak, word hy daagliks na die hospitaaltuin en die onmiddellike gebied daar rondom geneem.

    Volgens Msibi sal die welsynorganisasie moontlik volgende week in koerante adverteer om só sy ma te probeer opspoor.

    As dié poging misluk, sal die proses begin om hom by pleegouers te plaas wat nie familie is nie.

    Ondanks gerugte dat die kind se oom van Oostenryk in Johannesburg aangekom het, het geen familie van die kind haar tot dusver gekontak nie, het Msibi bevestig.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |