Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Skuldige Najwa huil in hof
Dec 02 2008 09:23:01:497PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sy ma is skuldig: Mnr. Sulaiman Effendi reageer nadat Najwa Petersen deur regter Siraj Desai skuldig bevind is aan die moord op haar man, die sanger en musieklegende Taliep Petersen. Foto: Neil Baynes
Carryn-Ann Nel

Kaapstad. – Najwa Petersen was ’n “Trojaanse perd” wat haar man se moordenaars gehelp het om hul dodelike plan uit te voer.

So het regter Siraj Desai gister gesê in sy uitspraak in die opsienbarende verhoor van die moordenaars van die musieklegende Taliep Petersen.

Desai het Najwa Petersen en twee van haar medebeskuldigdes skuldig bevind aan die moord op haar man, byna twee jaar nadat hy dood geskiet is.

Emosionele tonele het in hof 1 van die Kaapse hooggeregshof afgespeel toe Petersen, Abdoer Emjedi en Waheed Hassen skuldig bevind is aan die gebeure van 16 Desember 2006.

Die vierde beskuldigde, Jefferson Snyders, is slegs op aanklagte van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Najwa Petersen se getuienis was volgens Desai met leuens deurspek.

Sy was ’n “verskriklike” getuie, het hy gesê.

Petersen het tydens die hofsaak enige betrokkenheid by die moord ontken en beweer sy het diamante en dollars verkoop aan mnr. Fahiem Hendricks, die middelman aan wie sy R100 000 betaal het.

“Dié scenario met Hendricks is nie redelik moontlik waar nie,” het Desai gesê.

“Die getuienis, in die geheel beskou, dui op die hoofrol wat beskuldigde een in haar man se moord gespeel het.”

Desai kon egter nie bevind wié die sneller getrek het nie.

Sowat ’n halfuur nadat Desai sy uitspraak gelewer het, het Najwa aan haar oudste twee kinders gevra om na hul jonger sussie, Zaynab (9), om te sien.

“Belowe my dat jy na Zaynab sal kyk,” het sy hartseer aan mnre. Achmat Gamieldien en Sulaiman Effendi gesê terwyl hulle hul ma probeer moed inpraat het.

Sy het daarna teruggeskuif in die beskuldigdebank en sover bekend vir die eerste keer tot nog toe in die hof gehuil.

Zaynab is haar en haar oorlede man se enigste kind.

Gamieldien en Effendi het begin huil nadat die uitspraak omstreeks 12:30 verby was, en mekaar later omhels.

Hofgangers het “Allah al-Akbar” (God is groot) uitgeroep toe die hof verdaag het en oor die reëlings van die galery gehang vir ’n laaste blik van Petersen terwyl sy na die selle weggelei is.

Adv. Johan Engelbrecht SC, vir Petersen, het gesê hulle oorweeg nog ’n moontlike appèl.

Ná die verdaging het die hof gehoor die verdediging gaan dr. Irma Labuschagne, ’n forensiese kriminoloog, roep om ter strafversagting te kom getuig. Die saak is tot 4 Februarie uitgestel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |