Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Loseerder se kêrel rand glo aan
Dec 02 2008 09:22:58:590PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. John Bartleman, wat verlede Donderdag erg in sy bed aangerand is. Foto: Theana Calitz
Virginia Keppler

’n 60-jarige man van Waterval, noord van Pretoria, is erg in sy bed aangerand nadat hy sy loseerder en haar kêrel glo gevra het om nie skamel geklee op sy stoep te dans nie.

Mnr. John Bartleman (60), wat op ’n hoewe naby die ou Warmbad-pad woon, het gesê sy 26-jarige loseerder en haar kêrel het hom verlede Donderdagaand vroeg gevra of hulle op die stoep kan kuier.

“Ek het ja gesê en gaan slaap. Om 22:00 het ’n buurvrou op dieselfde hoewe my gebel en gesê die vrou is in ’n kort halfkaal nagrok geklee en die man is kaalbors en dat hulle op my stoep ronddans en lawaai.”

Bartleman het die paartjie gaan vra om hulself beter te bedek en om nie so te raas nie. Daarna is hy terug bed toe. Hy het gesê hy het later gehoor hoe hulle wegry.

“Ek het maar verder geslaap. Die volgende oomblik het die man op my gespring en my aanhoudend geslaan terwyl ek in die bed gelê het. Hy het sy vingers in albei my oë gedruk, op my kop, gesig en knieë gespring en my met vuiste geslaan. Toe ek wou weet hoekom hy my aanrand, het hy gesê ek het met sy meisie gelol.”

Bartleman het later daarin geslaag om uit die kamer te hardloop en in bosse naby sy huis gaan skuil. Bure wat die lawaai gehoor het, het die polisie en ambulans ontbied wat kort daarna op die toneel was.

“Die polisie en die ambulans het my half bewusteloos in die bosse kom optel. Ek het my byna doodgebloei.”

Konst. Makgotso Mphenyeke, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die voorval.

Volgens Bartleman het die polisie reeds sy aanvaller in hegtenis geneem, maar Beeld kon nie gister bevestiging daarvan kry nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |