Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|
|
15-jarige
by God’s
Window geskiet ’n Vyftienjarige meisie van Pietermaritzburg is eergister deur ’n rower gewond by ’n uitkykpunt van die bekende natuurwonder God’s Window buite Graskop in Mpumalanga. Die meisie (wie se naam op versoek van haar ma weerhou word) het saam met haar ma, mev. Mandy Cocco (nooiensvan), (43), by die uitkykpunt stilgehou om foto’s te neem. Hulle was op pad na Hoedspruit waar hulle Cocco se seun sou gaan haal. “Ek het gesien drie mans kom aangeloop na waar ons besig was om foto’s te neem. Ek het my nie juis daaraan gesteur nie, want daar was ander toeriste in die omgewing,” het sy gister gesê. “Toe een van hulle by my verbyloop, het hy my handsak gegryp. Ek het gegil en hom met die kamera begin slaan,” het Cocco, wat heeltyds in Doebai woon, gesê. Sy is in Suid-Afrika om haar twee kinders wat hier skoolgaan, vir ’n vakansie in Doebai te kom haal. “Een van die rowers het ’n vuurwapen uit ’n plastieksak gehaal. Die volgende oomblik het ’n skoot geklap en my dogter het begin gil.” Haar dogter is in die regterskouer getref. Die rowers het in die Mercedes-Benz wat sy gehuur het, gespring en weggejaag. “Ek het toe eers gesien hoe vol bloed my kind is.” Hulle het ’n verbygaande voertuig voorgekeer en die polisie is ontbied. Die gewonde meisie is ná behandeling in Graskop na die Nelspruit Medi-Clinic geneem. Die koeëlpunt is in ’n noodoperasie verwyder. Cocco het gesê haar dogter is baie getraumatiseerd. Sy is reeds uit die waakeenheid na ’n algemene saal oorgeplaas. Kapt. Malcolm Mokomene, polisiewoordvoerder, het gister die aanval bevestig. Hy het gesê die gesteelde voertuig is enkele ure later verlate in Phalaborwa gekry. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|