Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Obama-inhuldiging net vir SA skottelkykers
Dec 21 2008 10:12:55:460PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Thinus Ferreira

Kaapstad. – Geen Suid-Afrikaanse televisiekanaal het tans planne om mnr. Barack Obama se inhuldiging as president van die VSA op 20 Januarie lewendig aan hul kykers hier te wys nie.

Daarenteen woel die grootste openbare TV-uitsaaiers in lande oor Europa, Suid-Amerika, Asië en selfs Australië agter die skerms om die mega-gebeurtenis te dek.

Selfs staatsuitsaaiers in verskeie ander Afrika-lande is gretig om die inhuldiging van die VSA se eerste swart president uit te saai.

SABC1, SABC2 en SABC3 het egter almal afsonderlik aan Beeld gesê dat daar geen planne is om die inhuldiging self te dek nie. E.tv het ook nie enige Obama-inhuldigingsplanne nie. M-Net, wat gewoonlik Hollywood se grootste vermaakwêreldseremonies soos die Oscars en Emmys uitsaai, gaan dit ook nie wys nie.

“M-Net is ’n algemene vermaakkanaal. Ons saai nie normaalweg nuusitems uit nie en die enigste gepaste platform vir die inhuldiging is Carte Blanche. Indien ons die geleentheid dek in Carte Blanche of die skedule verander, sal ons kykers inlig,’’ het me. Lani Lombard, M-Net se publisiteitshoof gesê.

Tydsgewys begin die nuuswaardige inhuldiging om 19:00 Suid-Afrikaanse tyd, wat dit in plaaslike spitskyktyd pas waar die groot geleentheid die potensiaal het om die maksimum hoeveelheid TV-kykers te trek.

Altesame 4 miljoen ekstra besoekers word op 20 Januarie vir die inhuldiging in Washington D.C. verwag, met 11 000 weermagtroepe wat in die stad ontplooi sal word.

DStv-intekenare sal minstens die gebeure op van die internasionale nuuskanale soos CNN, BBC World News en Sky News kan volg.

Die plaaslike e.News Channel het bevestig dat die kanaal ook die inhuldiging in sy geheel regstreeks sal wys. Dié nuuskanaal kan egter nog nie bevestig of hy Suid-Afrikaanse joernaliste na die geleentheid sal stuur, soos wat hy met die Amerikaanse presidentsverkiesing in November gemaak het nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |