Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Dié vleis is nie genoeg,' sê ses rowers aan verskrikte inwoners
Dec 23 2008 08:46:43:207PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daniel Maluleke

“Waar is die ander vleis? Dié vleis is nie genoeg nie.”

So het een van die ses gewapende rowers wat op ’n huis op die Rietvlei-hoewes, naby die St. George-hotel in Centurion, toegeslaan het, aan die inwoners gevra.

Die bende het eergisteraand omstreeks 22:00 op me. Colleen Mclellan (47) en haar vriend, mnr. Mlando Ndlovu (37), toegeslaan.

Mclellan het gesê hulle was besig om ’n fliek op TV te kyk toe hulle die hond gehoor blaf het. Hulle het deur die venster gekyk en gesien hul twee katte beweeg onrustig buite rond.

“Toe ons twee treë uit die huis was om vas te stel wat aangaan, het alles lelik begin raak. Ses mans het vuurwapens op ons gerig en ons beveel om op die grond te lê. Ek het vir die Here gebid dat hulle my nie verkrag nie,” het Mclellan gesê.

Die aanvallers het vuurwapens gevra, maar hulle het nie een nie. Hul hande is vasgebind en hulle is van vertrek tot vertrek in die huis geneem wat die rowers toe deurgesoek het.

Die rowers het twee selfone, klere, ’n TV-stel, ’n mikrogolfoond, ’n stoof, potte en vleis uit die yskas geneem.

Hulle het toe gekla dat die vleis nie genoeg is nie.

“Toe ons op die vloer gelê het, het my vriend my aanhoudend getroos en gesê: “Ontspan, liefie, moenie eens ’n woord sê nie, die Here sal ons beskerm,” het Mclellan gesê.

Die rowers het Ndlovu se skoene uitgetrek, die sleutel van Mclellan se seun, Shawn, se Uno wat hy in Oktober as geskenk van sy tannie gekry het, gegryp en met dié motor gevlug. Shawn was juis by sy tante in Waterkloof toe die rowers toegeslaan het. Hy het sy motor onlangs vir sy ma geleen omdat sy ná ’n beroerte gereeld ’n dokter moet besoek.

Die twee se hulpkrete is later deur die bure gehoor, wat die polisie ontbied het.

“ ’n Saak van huisroof en motorkaping is aanhangig gemaak,” het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |