Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Seun vind vermoordes op Kersdag
Drie familielede is op Oukersaand op die plaas buite Stella in Noordwes waar hulle gewoon het, aangerand en vermoor. Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê ’n aanvaller het ’n 41-jarige man en twee vroue om ongeveer 20:00 met ’n skerp voorwerp in hul huis doodgesteek. Die verdagte het toe hul lyke in ’n afvoersloot by die varkhokke gegooi. Myburgh het gesê die man wat vermoor is, se seun het Kersoggend omstreeks 07:30 op sy pa se lyk afgekom en die polisie gekontak. Geen name kan in dié stadium bekend gemaak word nie. Die aanvaller is steeds op vrye voet. – Carla van Niekerk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|