Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

2 voor ná moord op bekende melkboer
Dec 29 2008 10:17:01:903PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Loffie van der Gryp
Amanda Roestoff

Krugersdorp. – Twee mans wat van die moord op ’n bekende Wes-Randse melkboer beskuldig word, het gister vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mnre. Dumisane Ncebesha (20) van die Tarlton-hoewes buite die dorp en mnr. Karlito Makambu (26), ’n plaaswerker, is die naweek van die moord op mnr. Loffie van der Gryp (48), bestuurder van die Sterkfontein-melkery buite Krugersdorp, aangekla.

Van der Gryp is op 28 Oktober vermoor toe hy van sy kantoor op die familieplaas Ivermoor na die melkery gestap het om yskaste na te gaan.

Rowers het vanuit die bosse op hom toegesak, hom vasgebind en vermoedelik met vuurwapens en klippe oor die kop geslaan.

Sowat 12 bendelede het in groepe verdeel en Van der Gryp se vrou, Linda (46), sy seuns, Bennett (23) en Roelof (21), en sy dogter, Leandré (17), in die huis oorval en aangehou.

Past. Boer Booysen (65) van die AGS-gemeente op die dorp het daar opgedaag.

Hy is ook aangeval toe hy onraad vermoed het en by die kantoor wou gaan ondersoek instel.

’n Wilde skietgeveg het tussen hom en Van der Gryp se aanvallers ontstaan.

Een van die aanvallers het Van der Gryp in die bors geskiet. Booysen is daarna in die been gewond.

Landdros Joachim Nortjé het die saak teen Makambu, ’n Mosambieker, en Ncebesha tot 6 Januarie uitgestel.

Albei mans bly tot dan in aanhouding.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |