Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Gesange 'n turksvy op Doppers se feessinode
Jan 04 2009 09:16:04:583PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Neels Jackson
njackson@beeld.com

Ná 150 jaar gaan die sing van gesange vanjaar op die feessinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) weer ’n belangrike kwessie wees.

Die oudste gemeente van die GKSA is op Februarie 1859 onder ’n seringboom in Rustenburg gestig.

Een van die belangrike kwessies in die aanloop tot die stigting was ’n kerklike twis oor die sing van gesange.

Die Gereformeerde Kerke, of Doppers, het besluit om op die spoor van die Dordtse sinode van 1618 slegs Psalms en enkele direkte berymings van ander Skrifgedeeltes te sing.

Later het ander liedere waarvan die teks direk uit die Bybel berym is, bygekom.

Nou, op die 150-jarige feessinode wat vandag in Potchefstroom begin, kom die situasie opnuut onder die loep.

Eintlik is dit al die laaste paar sinodes op die tafel, maar op die vorige sinode kon die saak weens tyddruk nie afgehandel word nie.

Die kerkorde bepaal tans dat slegs die psalms en ander Skrifberymings wat deur die sinode goedgekeur is, gesing mag word.

Binne die kerkverband loop die menings egter wyd uiteen.

Aan die heel konserwatiewe kant is daar diegene wat meen slegs psalms behoort gesing te word.

Ander is tevrede met die huidige bedeling.

Dan is daar ook diegene wat voel dat ander liedere wat getrou is aan die Bybelse boodskap toegelaat moet word, al kom die woorde nie regstreeks daaruit nie.

Dan is daar gemeentes wat hulle in elk geval nie aan huidige voorskrifte steur nie en sing wat hulle wil.

Dis ook ’n ope vraag of die liedere wat gesing word deur die swart gemeentes wat nou vir die eerste keer op die sinode verteenwoordig word, aan die voorskrifte voldoen.

Teenstanders van die sogenaamde “vrye” of “evangeliese gesange” sê dit is deur dié soort liedere dat allerlei onbybelse en ongereformeerde sieninge die kerk ingesing word.

Hulle voer ook aan dat dit in die geskiedenis telkens gebeur het dat kerke wat sulke liedere sing, mettertyd al hoe minder psalms sing totdat dié Bybelse liedereskat in die vergetelheid beland.

Hierteenoor voer voorstanders van ’n ruimer liedereskat onder meer aan dat daar ’n groot behoefte is aan liedere met ’n direkte Nuwe-Testamentiese inslag.

Dit sluit in Paasliedere oor die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

Ander kwessies wat warm debatte kan uitlok, is die toelating van vroue tot die diaken- en moontlik ook ouderlinge- en predikantsamp, en die toelating van die nuwe Afrikaanse Psalmomdigting.

Die sinodesitting duur twee weke.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |