Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Waghondliggaam gaan Motlanthe se beskermers bekyk
Kaapstad. – Die polisie se onafhanklike klagtedirektoraat (OKD, die waghond wat moet optree teen wangedrag), gaan ondersoek instel na die gedrag van die BBP-eenheid, wat onder meer pres. Kgalema Motlanthe beskerm. Dit volg op die opspraakwekkende gebeure die afgelope Saterdag toe lede van dié eenheid glo op ’n motoris op ’n Gautengse snelweg geskiet het terwyl Motlanthe op pad terug was ná ’n begrafnis. Die BBP-eenheid het na bewering daarna beslag gelê op beeldmateriaal wat die SAUK van die voorval geneem het. Mnr. Tommy Tshabalala, ondersoekhoof by die klagtedirektoraat, het gister by navraag bevestig ’n ondersoek gaan na die BBP-eenheid se gedrag in die algemeen gedoen word, asook na die naweek se gebeure. “Ons gaan vasstel watter klagtes die publiek oor die jare teen die eenheid aanhangig gemaak het en wat die polisie daaromtrent gedoen het. “Voorts gaan ons bepaald vasstel wat presies die naweek gebeur het, of die betrokke motoris aangeklam was, of hy aangerand is en wat die beeldmate-riaal toon. Me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP wat haar al lankal beywer vir ’n ondersoek na die BBP-eenheid se gedrag, het die klagtedirektoraat se besluit verwelkom. “Die laaste maande het die BBP-eenheid blykbaar wetteloos begin optree. Offisiere wat tot die eenheid behoort, het by allerlei buitensporige gebeure betrokke geraak – met weinig teken van optrede om hul gedrag te stuit.” Sy het verwys na die inhegtenisneming van ’n offisier op klagte van poging tot moord in Mpumalanga, en die voorval toe ’n BBP-lid in KwaZulu-Natal op ’n motoris op die N3 tussen Pietermaritzburg en Durban geskiet het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|