Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Geskiet ná konvooi-botsing?
Die 23-jarige man wie se motor Saterdag op die N12 teen ’n motor in die presidentskonvooi gebots het, is na bewering deur lede van die BBP-beskermingseenheid in die arm geskiet. So het mnr. Martin van Rensburg van Musina, ’n ooggetuie wie se motor in ’n ander ongeluk op die toneel betrokke was, gesê. Die polisie het dit ontken. “Ons was op pad huis toe en het die klomp karre gesien staan toe ’n Citi Golf in die middel van die pad dood gestop het. Ons het in hom vasgery. “Ons het gesien hoe die konvooi die rooi Golf GTI van die pad af gery het en toe skiet hulle die jong outjie in die arm,” het Van Rensburg gesê. Volgens hom het ’n SAUK-kameraman daar opgedaag, maar kon hy nie sy werk doen nie omdat die BBP-beskermingseenheid so “arrogant en onbeskof” was. “Die BBP-beskermingseenheid het die ou rondgepluk, gestoot en selfs sy film uitgeruk. Hulle het selfs ons gedreig wat net rondgestaan het,” het Van Rensburg gesê. Volgens mnr. Shane Senekal van die Boksburg-Wegsleepdienste wat Van Rensburg se motor weggesleep het, het die BBP-beskermingseenheid hulle onmiddellik van die toneel af weggejaag. “Hulle het ons weggejaag omdat daar so baie mense was en hulle wou nie hê ons moes die ander motors wegsleep wat in die ongeluk betrokke was nie. “Die Golf GTI en die konvooimotor wat betrokke was, is deur die polisie weggesleep. Baie goed is oor die ongeluk gesê, maar niemand vertel dat die outjie in die GTI in die arm geskiet is nie,” het Senekal gesê. Dir. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, ontken dit. “Die koerante laat dinge nou te ver gaan. Hulle moet dit los totdat daar ’n hofsaak is,” het sy gesê.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|