Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Ondersoek matriekpunte onafhanklik, vra die DA
Die DA wil hê mev. Naledi Pandor, minister van onderwys, moet ’n onafhanklike ondersoek na die 2008-matriekuitslae van stapel stuur. Die departement sê egter hy sal eers ná sy ontleding van die uitslae besluit of so ’n ondersoek nodig is. Volgens mnr. Lunga Ngqengelele, Pandor se woordvoerder, sal die departement dié ontleding oor die volgende paar weke afhandel en sy bevindings teen einde vandeesmaand bekend maak. “Die uitkoms van die ontleding sal bepaal op watter manier die departement sal ingryp.” Die bevindings word normaalweg dieselfde tyd as die uitslae bekend gemaak, maar weens tyddruk was dit verlede jaar nie moontlik nie, het Ngqengelele gesê. Sy kommentaar kom nadat me. Desiree van der Walt, DA-woordvoerder vir onderwys, gesê het al dui die 2008-uitslae op die oog af op ’n verbetering, duik al hoe meer vrae oor die geloofwaardigheid van dié uitslae op. “Verder dui die departement se versuim om die uitslae van 10% van die kandidate bekend te maak op ’n verstommende administratiewe mislukking wat ondersoek móét word,” meen sy. Van der Walt het ook die 62,5%-slaagsyfer bevraagteken omdat nagenoeg 57 000 leerlinge volgens haar nog in die duister oor hul uitslae is. Sy het gevra die uitslae moet ondersoek word om Pandor se geloofwaardigheid as minister van onderwys te herstel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|