Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pa sterf 2 dae ná uitslae
Jan 05 2009 09:46:00:520PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Christili Muller (18) Foto: Linda v.d. Westhuizen, Die Zoutpansberger
Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – Twee dae ná die nuus van haar nege onderskeidings is die pa van ’n matrikulant van Limpopo dood.

Christili Muller (18), oudleerling van die Hoërskool Louis Trichardt, sê gelukkig kon haar pa, John (53), nog in die vreugde van haar prestasie deel.

Mnr. Muller is op Nuwejaarsdag ná ’n twee jaar lange stryd teen kanker dood. Kolonkanker is eers by hom gediagnoseer en hy het ’n operasie en behandeling ondergaan. Die kanker het later na sy lewer versprei.

“Al was my pa siek, het hy steeds aangegaan en gewerk. Dit is net sowat ’n week voor sy dood dat hy baie, baie siek was,” het Christili gesê.

Die slimkop gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. “Dit was nog altyd my droom om ’n dokter te word.”

Christili het onderskeidings in al haar vakke behaal: Afrikaans, Engels, wiskunde, inligtingstegnologie, fisiese wetenskap, rekeningkunde, lewens?wetenskap en lewensoriëntering.

Sy het ook die derde vraestel in wiskunde met lof geslaag.

Sy was onder die 30 topmatrikulante in Limpopo.

Haar suster, Annerie, is ook ’n slimkop wat vanjaar met haar derdejaar-studies in metallurgiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria begin. Mnr. Muller was ook ’n ingenieur en het ’n besproeiingsmaatskappy in Louis Trichardt bedryf.

Christili se ma, Annette, is in die onderwysveld.

Christili het gesê haar pa het altyd ’n sin vir humor gehad.

“As ons ontsteld, kwaad of hartseer was, het hy dit altyd beter gemaak.”

Mnr. Muller gaan veras word.

’n Roudiens word more om 11:00 uit die NG gemeente Soutpansberg gehou.

  • ’n Matriekmaat van Christili wat ook in die Hoërskool Louis Trichardt was, Henri Boshoff (18), het ook onderskeidings in dieselfde vakke as Christili in die matriekeindeksamen behaal.

    Henri is boonop as Triegie van die Jaar in 2008 aangewys.

    Henri se ouers, ds. Willem en mev. Nalize Boshoff, ’n onderwyseres, was jare lange inwoners van die dorp en is baie trots op hul skrander seun.

    Dié predikantspaar het in 2008 na Pretoria verhuis, waar ds. Boshoff nou aan die NG kerk Queenswood verbonde is.

    Henri het in Louis Trichardt aangebly om sy matriekjaar te voltooi.

    Hy gaan vanjaar bedryfskunde, wiskunde en informatika aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus studeer.

  • mlouw1@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |