Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Chirurg sê Graeme sal herstel
Jan 05 2009 09:45:59:727PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Graeme Smith
Eduan Roos

Sydney. – Graeme Smith het gister die eerste treë gegee op die lang pad om betyds van beserings te herstel om Australië in aanstaande maand se toetsreeks in Suid-Afrika te pak.

Die Protea-kaptein het ’n blitsbesoek aan ’n chirurg in Melbourne afgelê nadat sy hand eergister in die laaste toets teen die Aussies op die SCG gebreek is.

Smith is in sy span se eerste kolfbeurt op ’n kneukel aan sy linkerhand raakgeboul en sal Donderdag na Suid-Afrika terugkeer.

Dr. Mohammad Moosajee, Protea-spanbestuurder, het aan Beeld gesê dié hand, asook die elmboog waarvan Smith reeds geruime tyd las het, is weer ondersoek.

“Die terugvoering was oorwegend positief en dit lyk in dié stadium nie asof Graeme geopereer sal moet word nie,” het Moosajee gesê. “Hy het ’n nuwe, stewiger stut om die hand gekry en terselfdertyd ook die eerste bloedinspuiting in sy elmboog gehad.”

Smith se eie bloed sal oor sowat ses weke weer in die elmboogspier ingespuit word.

Dr. Greg Hoy, ’n vooraanstaande chirurg van Melbourne en pionier van dié behandeling, is die afgelope maand gereeld met die Protea-kamp in verbinding en daar word gehoop dat dit die herstelproses sal bespoedig.

Volgens Moosajee sal Smith binnekort weer x-straalfoto’s laat neem, waarna Krieket Suid-Afrika (KSA) se mediese komitee sy herstel oor die volgende maand sal monitor. Werk die inspuitings nie, sal Smith waarskynlik eersdaags geopereer moet word.

“Die chirurg was in die algemeen tevrede met die aard van my beserings en hy voel dat ek reeds op die herstelpad is, mits ek nie binnekort weer op enige van die plekke raakgeboul word nie,” het Smith gesê.

Neil McKenzie, sy aanvangsmaat, het gister die kapteinskap waargeneem en ’n opdraande stryd wag op die besoekers, met Australië wat reeds 151 lopies voor is.

Intussen het die Aussie-kamp goeie en slegte nuus oor hul vooruitsigte vir dié reeks gekry.

Stuart Clark, wat kort voor die eerste toets in Perth weens ’n seer elmboog aan die span onttrek is, sal na verwagting reg wees om die Proteas in hul agterplaas te pak.

Brett Lee sal die reeks egter misloop nadat hy die naweek geopereer is om ’n gebreekte been in sy linkervoet te herstel.

Lee het die besering in verlede week se verloortoets op die MCG opgedoen, maar steeds in die Proteas se tweede kolfbeurt geboul.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |