Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

VSA pos SA prokureur oor hy glo kliënte hier bedrieg
Jan 06 2009 01:46:55:710PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin

’n Suid-Afrikaanse prokureur wat dié land in November 2000 verlaat het en in die VSA begin praktiseer het, gaan in Suid-Afrika teregstaan op verskeie aanklagte van bedrog met en diefstal van meer as R8 miljoen van sy kliënte se geld.

Mnr. Ian Stokes het, nadat hy op versoek van Suid-Afrika deur die VSA in hegtenis geneem en aan Suid-Afrika uitgelewer is, verbete in eers die hooggeregshof en nou die appèlhof geveg om sy uitlewering en plaaslike verhoor nietig verklaar te kry.

Hy het aangevoer dat die dokumente op grond waarvan die lasbrief vir sy inhegtenisneming in die VSA gemagtig is, nie voldoen aan die vereistes van die Wet op Uitlewering nie deurdat die aanklagte teen hom nie volledig daarin uiteengesit is nie.

Nadat hy in Suid-Afrika aangekom het, is ’n klagstaat op hom bestel waarin hy onder meer beskuldig word van bedrog met meer as R6 miljoen van ’n aantal van sy kliënte se geld.

Dié geld is in sy trustrekening inbetaal met die oog op bepaalde beleggings, maar die beleggings is nooit gedoen nie, beweer die staat.

Nog ’n klag behels dat hy na bewering sowat R2 miljoen van nog een van sy kliënte, mnr. Robert Sevel, gesteel het deur valse voorstellings aan Sevel te doen.

Hy het Sevel vertel dat hy verskeie eise by die Padongelukkefonds (POF) ingedien het, dat die POF die geld aan hom uitbetaal het en dat hy (Stokes) ’n “aansienlike wins” uit die hantering van die POF-eise gemaak het.

Sodoende, so beweer die staat, het hy Sevel oorreed om R2 miljoen te belê in ’n beslote korporasie waarin hy en Stokes in die winste van POF-eise sou deel.

Die klagstaat beweer voorts dat Stokes in werklikheid hoe-genaamd geen eise by die POF ingedien nie en dus ook glad nie enige geld van die POF ontvang het nie.

Appèlregters P. Streicher, I. Farlam, A. Cachalia, F. Leach en F. Kgomo het eenparig beslis dat die inligting wat die VSA ontvang het, voldoende was om Stokes in hegtenis te neem en in Suid-Afrika te laat vervolg op die diefstal- en bedrogklagte.

  • pdebruir@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |