Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Heyneke terug in SA
oor siek skoonouers
Heyneke Meyer, gewese afrigter van die Blou Bulle, is vir ’n onbepaalde tyd in Suid-Afrika omdat albei sy skoonouers ernstig siek is. “Dit is vir ons baie slegte nuus omdat Heyneke en Linda so lank deel van die Ligblou-gesin was,” het mnr. Barend van Graan, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), oor Meyer se siek skoonouers, mnr. Chris en mev. Marietjie Opperman, gesê. “Wat doen ’n mens in so ’n situasie behalwe om hulle sterkte toe te wens en die versekering te gee dat ons vir alle betrokkenes bid?” het Van Graan gesê. Britse koerante meen dié onvoorsiene verwikkeling kan beteken dat Meyer se voortgesette betrokkenheid as hoofafrigter van die Engelse Premierliga-klub Leicester Tigers in die gedrang is. Peter Tom, voorsitter van die Leicester Tigers, het egter in ’n onderhoud met Sky Sports gesê dit is heeltemal te vroeg om enigsins oor Meyer se toekoms te begin bespiegel omdat sy persoonlike omstandighede nou voorkeur moet kry. “Albei Heyneke se skoonouers is ernstig siek en hy het na Suid-Afrika teruggekeer om hom persoonlik van die omstandighede te vergewis.” Volgens Tom sal Leicester graag aan Meyer “al die tyd gee wat hy nodig het” om sy vrou, Linda, en haar ouers in ’n moeilike tyd by te staan. Meyer se vrou het self ’n verbete stryd teen borskanker oorwin. Toe die Bulle in 2002 met die Leeus in die Curriebeker-eindstryd in Johannesburg afgereken het, het Meyer dié oorwinning juis aan sy vrou opgedra. Meyer het reeds groot sukses in sy kort tydjie by Leicester behaal en sal baie in sy skik wees met die skitterende eindpoging waarmee sy klub eergister ’n naelbytsege met 24-22 oor Bath in die Premierliga verseker het. Bath was in ’n stadium met 22 teen 9 voor. Die Tigers se oorwinning het hulle na die vierde plek op die puntelys laat opskuif en dit was ’n Suid-Afrikaner en gewese Ligblou-held wat laat in die tweede helfte met sy skopwerk die deurslag gegee het. Meyer sou breed geglimlag het oor die skepdoel van Derick Hougaard, losskakel van die Tigers en gewese liefling van Loftus, en sy beslissende doelskop ná Tom Croft se tweede drie. Dit was boonop Hougaard se 25ste verjaardag. Volgens Tom sal Richard Cockerill in Meyer se afwesigheid as hoofafrigter waarneem. Cockerill is die huidige afrigter van die voorspelers. Meyer was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|