Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Vrou skiet haarself glo per abuis met jaggeweer dood
Kimberley. – ’n Geesdriftige jagter en ma van twee dogtertjies is gister met ’n skietwond in die maag in haar huis in die woonbuurt Lindene hier dood aangetref. Mev. Cornelia (Nella) Schoeman (36) is deur die polisie in een van haar kinders se kamer aangetref nadat sy haarself vermoedelik per ongeluk met ’n .270-jaggeweer geskiet het. Mnr. Herman Augustin, ’n familievriend, het gesê haar man, Jannie (36), was op pad na die bank toe die voorval plaasgevind het. “Hy het haar selfoon probeer skakel, maar sy het nie opgetel nie. Die polisie was klaar by die huis teen die tyd dat hy daar aangekom het. Die huishulp het die skoot gehoor en na die bure gegaan. Hulle het die polisie gebel.” Die kluis waarin die geweer gehou is, is glo in die kamer waar die voorval gebeur het. Albei kinders het by hul ouma in Klerksdorp gekuier en was nie by die huis nie. Augustin het gesê die paartjie, wat die Engen-vulstasie op die Kaapstad-pad buite Kimberley besit, was soos ’n “tweeling”. Schoeman word oorleef deur haar man en twee dogters, Cornelia (10) en Jané (6). Geen begrafnisreëlings is nog getref nie. – Jana Engelbrecht
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|