Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Skok: Slang in gang!
Jan 05 2009 09:45:56:600PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Lomie Bender (77) wys hoe 'n dodelike bosveldkobra "so regop in die gang gestaan het". Foto: Gloria Edwards
Gloria Edwards

Sy het haar boeglam geskrik toe ’n dodelike bosveldkobra haar ná haar Sondagmiddagslapie ingewag het.

Me. Lomie Bender (77), ’n weduwee van Nigel aan die Oos-Rand, het gister gesê sy het eergister ná kerk gaan slaap en omstreeks 15:15 wakker geword.

Toe sy opstaan, het die slang haar in die gang van haar huis in Eufeeslaan ingewag.

“Ek het so groot geskrik! Hy’t my gesien en sy kop regop getrek. Toe slaan ek die deur toe en hardloop deur die agterdeur na buite. Gelukkig het ek my selfoon in my hand gehad en kon ek Bernie’s Patrols (’n veiligheidsfirma) dadelik bel. Hulle en die polisie was binne minute hier om my te help.”

Intussen het die slang agter die televisiekabinet in haar TV-kamer gaan skuiling soek.

“Die veiligheidswag wou hom eers skiet, maar hy wou toe nie die meubels beskadig nie. ’n Polisieman het toe amper ’n halfuur lank gespook om die slang – wat baie aggressief was – te vang. As ek vyf minute later uit die kamer sou kom, het hy my seker daar in my bed vasgekeer en aangeval!

“Dis ’n giftige, gevaarlike ding.”

Insp. Magnus Olwage van die Nigel-polisie se veediefstaleenheid het die slang gevang. “Ek hou self slange aan, maar dié soort is veels te gevaarlik om ’n troeteldier te wees,” het hy gesê.

Volgens Bender is die slang ’n paar dae vantevore in haar buurvrou se erf gesien nadat hulle glo van vakansie teruggekeer het.

Olwage het die slang na mnr. Mike Perry van ’n hoewe by Diepsloot geneem. Perry sien om na sowat 500 giftige slange en verskaf hul gif aan teengifvervaardigers.

Hy vermoed die slang het dalk in die bure se motor geklim en só in Nigel aangekom.

“Die soort slang is voorheen ’n geel Egiptiese kobra genoem, maar is nou as die bosveldkobra bekend. Hy kom nie gewoonlik in daardie gebiede voor nie. Sy natuurlike habitat is gebiede soos die Hartbeespoortdam. Dit gebeur egter dikwels dat slange in vakansiegangers se motors beland, veral onder die enjin,” het Perry gesê.

Hy skat die slang is sowat ’n jaar oud. “Hy is 45 cm lank en so breed soos my pinkie. Nog jonk, maar uiters giftig. Sy neurotoksiese gif verlam ’n mens en stop die longfunksie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |