Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Vier fees by sinode eerder as om mekaar in te vlieg’
njackson@beeld.com Potchefstroom. – Maak dit ’n feessinode, ’n mylpaal waarop Gereformeerde lidmate later kan terugkyk, en nie ’n sinode wat afgevaardigdes met bytmerke van mekaar laat nie. Dit was gister die boodskap van dr. Neels Smit, predikant van die Gereformeerde kerk Noordbrug in Potchefstroom, aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se algemene sinode nadat hy tot voorsitter van die moderamen verkies is. Ds. Danie Snyman van Pretoria-Magalieskruin is as ondervoorsitter verkies en ds. Leo van Schaik van Springs-Oos as skriba. Di. Hendrik de Beer van Pretoria-Meintjeskop en Abel Modise van die gemeentes Kwa-Thema en Ratanda is assistent-skribas. Smit het gesê afgevaardigdes gaan natuurlik van mekaar verskil. “Trou aan ons aard as Doppers gaan ons standpunte stel,” het gesê. Hy het sinodegangers egter aangemoedig om dit te doen in die gees van die slagspreuk van die Dopperfees wat vanjaar ter viering van die 150-jarige bestaan van die GKSA gehou word. Dié leuse is “Klein voor God”. Die vergadering self het gister nog nie omstrede kwessies soos vroue in die kerklike ampte en die liedere wat in die GKSA gesing word, behandel nie. Van dié kwessies sal na verwagting vandag ter tafel geneem word, na kommissies verwys word en eers in volgende week deur die volle vergadering behandel word. Daar is egter reeds met die vergadering se samestelling geskiedenis gemaak toe verteenwoordigers van die meeste swart gereformeerde gemeentes vir die eerste keer saam met die wit gemeentes se verteenwoordigers in een nie-rassige algemene sinode sitting geneem het. Onder die sowat 240 afgevaardigdes was daar sowat 20 swart predikante en ouderlinge. Die sinode se voertaal is Afrikaans, maar alles word in Engels getolk wat deur oorfone gevolg kan word. Afgevaardigdes kan Afrikaans, Engels of enige ander ampstaal (wat dan in Afrikaans of Engels getolk word) praat. Die sinode het ook Psalms in Afrikaans en Tswana gesing.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|