Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Erge skade toe hyskraan op stadion omval
Jan 05 2009 09:45:51:020PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die verwoeste hyskraan. Foto: Naranda Nell
Buks Viljoen

Miljoene rande se skade is eergister aan die Mbombela-stadion in Nelspruit aangerig toe ’n hyskraan tydens ’n storm omgeval het.

Die 76 m hoë hyskraan het op die stadion geval en ’n deel van die dak en sitplekstruktuur beskadig.

Die hyskraan is ook vernietig.

Volgens mnr. Leon Botha, woordvoerder van die stadion, het die sterk wind wat Nelspruit geteister het, veroorsaak dat die hyskraan op sy spoor begin beweeg het.

Dit het sowat 30 m ver op die spoor gehardloop voordat dit ontspoor het.

Die hyskraan het vooroor getuimel, deur die staaldakkap geval, ’n deel van die gegote sitplekke verbrysel en oor die paviljoen gebuig.

Niemand is beseer nie. Die hyskraan word onder meer gebruik om die swaar dakstruktuur te installeer. Bouwerk aan die stadion gaan voort.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |