Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||||
|
4 sterf toe trein motor tref
Stellenbosch. – Hy het net gesien hoe ’n wit motor in die lug uitmekaar skiet, het ’n erg geskokte ooggetuie gister gesê oor die treinbotsing buite dié dorp waarin vier Gautengers gesterf het. Die trein waarin mnr. Donovan Jansen, die ooggetuie, gereis het, het die toeriste se wit Volkswagen Polo getref. Amper gelyktydig het twee liggame deur die lug getrek, het hy vertel. Twee mans en twee vroue is na verneem word omstreeks 15:05 op slag dood toe die trein hul gehuurde motor by die Vlaeberg-kruising getref het. Dié oorgang is op die Vlaebergpad, ’n afdraaipad vanaf die R310 naby die wynlandgoed Spier buite Stellenbosch. Die vier oorledenes was vermoedelik op ’n wynproetoer. By Die Burger, Beeld se susterkoerant, se aankoms op die toneel het twee bedekte lyke ’n paar meter van die kruising in ’n sloot langs die verfrommelde wrak gelê. Jansen het dié lyke deur die lug sien trek. Jansen, van Cloetesville, was in die derde wa van voor en het weens die hitte sy kop by die treinvenster uitgesteek toe die trein die motor getref het. Hy het op die ongelukstoneel beskryf hoe die trein die motor getref het. “Ek het my oë toegemaak vir die wind. “Toe ek dit oopmaak, sien ek net die wit motor en die trein wat dit in die middel tref. Die motor het die volgende oomblik uitmekaar geskiet.” Nie ver daarvandaan nie het reddingswerkers nog twee lyke uit die wrak probeer kry. Kragbokse, -pale en -drade het op die toneel stukkend gelê. Dit blyk die motor het ná die impak die kragbokse getref en toe tussen ’n sloot en die treinspoor tot stilstand gekom. Volgens Jansen het die trein onmiddellik gerem. Die polisie kon teen druktyd nog nie die name van die slagoffers bekend maak nie.
|
|||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|