Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Vermeende verkragter gevang, erg aangerand
’n Vermeende verkragter is onder polisiebewaring in die hospitaal nadat gemeenskapslede hom aangekeer en aangerand het. Insp. Sello Mangena, polisiewoordvoerder, het gesê dié man (32) is “ordentlik pak gegee”. “Toe die gemeenskap hom kry, het hulle hom ordentlik pak gegee en toe die polisie gebel,” het Mangena gesê. “Hy is in ’n slegte toestand. Van sy bene is gebreek en sy mond is skeef.” Volgens Mangena het ’n 18-jarige meisie Saterdagaand by haar kêrel se woning in Soshanguve, noord van Pretoria, oorgeslaap. Haar kêrel was nie by die huis nie en sy het nie die deur gesluit nie. Kort voor middernag het sy die deur hoor oopgaan en gedink dit is haar kêrel. Dit was toe al die tyd haar kêrel se vriend. Hy het ’n bottel bier by hom gehad en die meisie daarmee gedreig om met hom seks te hê. ’n Struweling het tussen hulle uitgebreek. Sy kon hom nie van haar af kry nie en hy het haar verkrag. Toe die kêrel by die huis kom en sien wat met sy meisie gebeur het, het hy sy vriend gekonfronteer, wat toe weggehardloop het. “Mense in die omgewing het die vriend gesien en hom gevang,” het Mangena gesê. “Hulle het hom ordentlik pak gegee. Dit was regte straatgeregtigheid (mob justice).” Volgens Mangena is die polisie en die nooddienste ontbied en is die man in die hospitaal opgeneem. Sodra die vermeende verkragter uit die hospitaal ontslaan word, sal hy in die landdroshof in Soshanguve op ’n aanklag van verkragting verskyn.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|