Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

IVP-jeugleier agt keer in KZN geskiet
Jan 05 2009 09:45:48:880PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Jeugleier van die IVP is die naweek in die noorde van KwaZulu-Natal vermoor.

Mnr. Shadrack Dube is eergister agt keer deur onbekende aanvallers geskiet.

Hy was op pad terug na sy huis in Phumlani buite Hluhluwe nadat hy lugtyd by ’n winkel gekoop het.

Die IVP het Dube se dood gister ten sterkte veroordeel.

Mnr. Alfred Mpontshane, IVP-leier in die Mkhanyakude-distrik, het die moord bestempel as ’n stelselmatige veldtog om die party van leiers te beroof, hul veldtog te ontspoor en ondersteuners voor die verkiesing te intimideer.

“Die IVP is hartseer en ontsteld oor die ontydige dood van ons kameraad . . . terwyl ons nog nie weet wie die aanvallers was nie, is ons bekommerd oor die eenvormige wyse waarop ons leiers vermoor word,” het Mpontshane gesê.

Kapt. Jabulani Mdletshe, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar kon geen verdere inligting oor die voorval verskaf nie. – Sapa


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |