Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Rower wat verkrag in polisie se visier
Jan 05 2009 09:45:48:177PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die polisie hoop om spoedig ’n man te arresteer wat ’n egpaar langs Rigellaan in die ooste van Pretoria oorval en die vrou verkrag het.

Die polisie is volgens kapt. Colette Weilbach, woordvoerder, al sedert Vrydagoggend, toe die voorval plaasgevind het, ernstig op die verkragter se spoor.

Weilbach het gesê die egpaar van Mpumalanga het Vrydagoggend omstreeks 09:00 by ’n veld langs Rigellaan in Erasmuskloof stilgehou om hout op te tel. Dié veld is agter die Kloof-hospitaal.

Die egpaar verkoop glo hout vir ’n lewe.

’n Man het na hulle toe gekom, ’n vuurwapen op die man (49) gerig, hom vasgebind en sy vrou (47) die bosse ingesleep, waar hy haar verkrag het.

Die verdagte het daarna die bosse ingevlug met die egpaar se ’n selfoon en kontant.

Die man kon homself loswikkel en het na die pad gehardloop, ’n voertuig gestop en toe die polisie gebel.

Volgens Weilbach het die polisie se lugvleuel, honde-eenheid en ander lede kort daarna na die aanvaller begin soek, maar niks gekry nie. Die egpaar het al na Mpumalanga teruggekeer. – Hilda Fourie


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |