Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
'Vlieg in motoris se oog' en heksery lei glo tot ongelukke
Bygelowe en fatalistiese oortuigings het ’n beduidende invloed op padongelukke in Suid-Afrika. Prof. Karl Peltzer, ’n navorsingsdirekteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het dié faktore in ’n navorsingsartikel, “The road ‘kill’ factor”, gepubliseer. Teen 2020 sal padongelukke in Afrika met 80% toeneem, voorspel navorsers. Die “menslike faktor” bly steeds die oorweldigende bydraende faktor tot padongelukke. Een onderafdeling van die menslike faktor wat Peltzer beklemtoon, is die risiko-persepsie van bestuurders. “Afrika-persepsies van die risiko om in ’n motorongeluk beseer te word moet verstaan word om voorkomingsveldtogte suksesvol te bestuur.” As ’n motoris geneig is om fatalistiese oortuigings te hê sal hy of sy minder geneig wees om ’n veiligheidsgordel te dra, skryf hy. ’n Suid-Afrikaanse studie het bevind 16% van swart bestuurders en 21% van wit bestuurders het fatalistiese oortuigings. “Suid-Afrikaanse taxibestuurders het grootliks fatalistiese houdings getoon en ’n hoë mate van risikogedrag geopenbaar.” Die artikel haal ook motoriste aan wat glo heksery veroorsaak ongelukke. “Dit kan gebeur dat ek ’n nuwe motor koop en my bure daaroor ongelukkig is; dus sal hulle my dan toor sodat my motor vernietig word en ek selfs vermoor word,” het een bestuurder gesê. ’n Passasier het ook gesê ongelukke kan veroorsaak word deur ’n vlieg wat nie doodgemaak kan word nie. “Dit sal in die bestuurder se oë in vlieg en ’n ongeluk sal gebeur.” Luidens die navorsingsartikel is busse, minibusse en vragmotors meer as motors in ongelukke betrokke. Voetgangers is die kwesbaarste groep padgebruikers (40% van sterftes), gevolg deur passasiers (meer as 30%) en motorbestuurders wat net 10% (in die studie as geheel) van die sterftes uitmaak. In Suid-Afrika en Bo?tswana maak bestuurders egter 20% van die sterftes uit.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|