Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Man versmoor in hondekos
Jan 05 2009 09:45:46:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Werker van ’n dierekosmaatskappy het gister in Pretoria in van dié kos wat hy help maak het, versmoor.

Die man (27) was besig met sy werk toe hy in een van Epol se silo’s in Pretoria-Wes beland het.

Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het gesê die man het gegly en in die silo afgeval.

Die silo was driekwart vol en die man het versmoor.

Mnr. Johan Pieterse, hoof van die Tshwane-nooddienste, het gesê die nooddienste was reeds gisteroggend vroeg op die toneel.

Dit het langer as vyf uur geneem om die silo leeg te tap.

Die man was al dood toe die nooddienste by hom kon uitkom. – Sapa


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |