Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
In kortbroek, sokkies agter 3 aan
Met net ’n kortbroek en sokkies aan het ’n Pretoriase man sy vuurwapen gegryp, in sy motor gespring en agter drie booswigte aan gejaag wat hom en sy gesin in hul huis oorval en beroof het. As mnr. Johan Bester van Moreletapark nie sy aanvallers op Oujaarsdag agternagesit het nie, sou hulle nie vandag agter tralies gewees het nie, het dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Lyttelton-polisiekantoor, gister gesê. Die drie verdagtes sal volgende week weer in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en die besit van gesteelde eiendom. Volgens Wiese het drie gewapende aanvallers op Oujaarsdag omstreeks 13:30 met ’n gesteelde motor by die Besters se huis opgedaag. Hulle het Bester, sy vrou, dogter (13), skoonma en dié se ma oorval, vasgebind en beroof. Hulle het die buit in hul motor gelaai en gevlug. “Bester het dit reggekry om los te kom,” het Wiese gesê. “Hy het sy vuurwapen in die hande gekry en net met sy kortbroek en sokkies aan in sy motor gespring. Sowat ’n blok van sy huis af het hy sy aanvallers opgemerk en hulle begin jaag.” Die booswigte, met Bester agterna, het in Rubenstein- en Hans Strijdomrylaan af gejaag en toe in die rigting van Pierre van Ryneveld gery. In Pierre van Ryneveld het ’n skietgeveg tussen die rowers en Bester begin waarna die boewe in ’n boom vasgery het. Volgens Wiese het die rowers uit hul motor gespring en begin om tussen die huise oor mure te spring. Een verdagte is hier, met behulp van lede van die polisie se lugvleuel en Pierre van Ryneveld se gemeenskapspolisiëringsforum, vasgetrek. “Die ander twee het verdwyn. Die gemeenskap het saamgewerk en die ingange na Pierre van Ryneveld toegemaak.” Volgens Wiese het hulle later dié dag inligting gekry dat een rower op pad terug was na Pierre van Ryneveld om sy makker te gaan oplaai. Hy het nie geweet dié is in hegtenis nie. Hy is toe omstreeks 19:30 op die hoek van Atterbury- en Hans Strijdomweg vasgetrek. Die polisie het die taxi waarin hy vanaf Mamelodi, oos van Pretoria, gery het, voorgekeer en hom gearresteer. Sowat ’n uur later het die polisie inligting gekry oor waar die derde verdagte is en hy is omstreeks 21:00 in Mamelodi vasgetrek.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|