Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Zuma maak glo reg vir sy vyfde troue
Jan 05 2009 09:45:45:160PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Liezel de Lange

Kaapstad. – Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, trou na verwagting binnekort ’n vyfde keer.

Me. Thobeka Mabhija van Durban, glo in haar 30’s, sal Zuma (66) se derde huidige vrou wees.

Mnr. Michael Zuma, sy jonger broer, het gesê die familie is besig met die tradisionele voorbereidings.

Zuma is al langer as 40 jaar getroud met me. Sizakele Khumalo en is verlede jaar op ’n tradisionele Zoeloe-plegtigheid in die eg verbind met me. Nompumelelo Ntuli.

Hy is in 1998 van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, geskei. Nog ’n voormalige eggenoot, mev. Kate Zuma, is in 2000 oorlede.

Zuma het glo reeds vroeg verlede jaar lobola vir Mabhija betaal.

Sy broer het gister gesê die umbombo-seremonie, waar die bruid geskenke aan die bruidegom se familie gee, sal binnekort by Zuma se huis in KwaZulu-Natal plaasvind.

Volgens mnr. Mpume Mbatha, ’n kundige oor Zoeloe-kultuur, is umbombo onder die laaste stappe ter voorbereiding vir ’n troue. Dit is ’n manier waarop die bruid se familie dankie sê vir die lobola.

Dié seremonie sou glo reeds gister plaasgevind het. ’n Personneellid van Zuma het egter gesê hy is elders in die provinsie besig met ANC-werk.

Michael Zuma het gistermiddag gesê die onderskeie families moet nog op die datum vir die umbombo-seremonie besluit.

Mnr. Carl Niehaus, ANC-woordvoerder, het gister by navraag gesê hy is nie bewus van Zuma se trouplanne nie en die ANC sal dit aankondig as sy leier weer trou omdat daar “geen rede is” om dit weg te steek nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |