Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||
|
Moord 'was politiek'
Nelspruit. – ’n Vooraanstaande plaaslike ANC-politikus is eergisteraand hier voor sy huis en ten aanskoue van sy seun doodgeskiet nadat hy vroeër dreigemente ontvang het. Hy was rdl. Jimmy Mohlala, speaker van die raad van die Mbombela-munisipaliteit. “Daar bestaan by my geen twyfel dat die moord niks met (blote) misdaad te doen het nie, maar ’n fyn beplande politieke sluipmoord is,” het rdl. Lassy Chiwayo, ANC-burgemeester, aan Beeld gesê. Mohlala (45) se seun, Tshepiso (16), is in die aanval in die regterenkel gewond. Pa en seun het omstreeks 20:00 by Mohlala se dubbelverdiepinghuis in die KaNyamazane-woonbuurt buite die stad aangekom. Hulle wou parkeer toe drie gemaskerde mans by die voorhek ingestorm het. “Die seun (Tshepiso) het die voertuigsleutels op die grond gegooi en gesê: ‘As julle die kar wil hê, vat dit.’ Hulle het hom toe in die enkel geskiet en Mohlala sr. het na sy motorhuis gehardloop. Hulle het hom gevolg en in die skouer geskiet,” het kapt. Philip Fa?khude, polisiewoordvoerder, gesê. Die aanvallers het weggehardloop sonder om enigiets te buit. Beeld het betroubaar verneem die polisie ondersoek die moontlikheid dat Mohlala met sy eie 9 mm-pistool doodgeskiet is. Dié wapen is op 2 Januarie deur drie mans gebuit wat Mohlala in KaNyamazane voorgekeer en beroof het. Die polisie ondersoek ook ’n moontlike verband met ’n inbraak kort voor Kersfees by Mo?hlala se huis. Een van Mohlala se twee vroue, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het met haar man na die hospitaal gejaag, maar hy was by sy aankoms al dood. Tshepiso word onder ?bewaking in ’n hospitaal behandel omdat vir sy lewe gevrees word. Mohlala het verlede jaar verskeie doodsdreigemente gekry. Hy het van dié SMS’e aan Beeld gewys en gesê hy is oortuig daar is ’n politieke sameswering teen hom. ’n Deel van dié sameswerings was glo klagtes deur ’n 14-jarige meisie dat hy haar seksueel geteister het. Dié klaer is die dogter van ’n vriendin van ’n se?nior leier in die ANC. Mohlala sou volgende maand daaroor in die hof verskyn het. Mnr. Jo Koster, sweep van die DA in die munisipaliteit, het gesê Mohlala se dood is ’n groot verlies vir die raad. “Ek is hartseer, nie net vir die familie en Suid-Afrika nie, maar ook vir die ANC, want die voorval gaan verreikende gevolge vir hulle hê.” Die ANC en opposisiepartye het die moord ten sterkste veroordeel en die DA het sy eis herhaal dat strenger teen geweld op politici opgetree moet word. Die nasionale ANC het die moontlikheid van ’n politieke motief as bespiegeling afgemaak.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|