Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Padsterftes minder as in 2007
Jan 05 2009 10:05:47:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Padongelukke het die afgelope vakansietyd minder lewens as die vorige jaar geëis.

Volgens mnr. Ntau Letebele, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), is altesame 937 mense op paaie landwyd dood in vergelyking met 1 596 padsterftes dieselfde tydperk die vorige jaar (1 Desember 2007 tot 5 Januarie 2008).

Altesame 262 bestuurders, 366 passasiers en 309 voetgangers is dood.

KwaZulu-Natal het met 181 die hoogste padsterftesyfer, terwyl die Noord-Kaap se paaie, met 28 padsterftes, die minste lewens geëis het. In Limpopo is 167 mense dood en Gauteng het ’n sterftesyfer van 136 gehad.

Ook Netcare 911 se statistieke dui daarop dat daar dié vakansie minder botsings as die vorige jaar was. Luidens ’n verklaring wat gister uitgereik is, het dié nooddiens in Desember 2008 noodvoertuie na 3 625 ongelukstonele gestuur in vergelyking met 3 106 ongelukke in Desember 2007. Dít sluit botsings tussen motors en botsings met voetgangers in. Altesame 41% van die ongelukke het in Desember 2007 sowel as Desember 2008 in Gauteng plaasgevind.

“Motoriste word daaraan herinner dat voertuigvolumes geleidelik gaan toeneem totdat die skole heropen en alle motoriste en voetgangers word aangemoedig om veilig te reis,” lui die Netcare 911-verklaring. – Carina van Wyk


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |