Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Luke in ongeluk, bly BMW nie wrak
Jan 06 2009 06:12:43:723AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stepehen Nell

Kaapstad. - Die Stormers-losvoorspeler Luke Watson was gister in Bellville in 'n ligte motorongeluk betrokke.

Watson se swart BMW het dit glo ontgeld nadat 'n ander motoris na bewering oor 'n rooi verkeerslig gery en die linker-voorkant van die rugbyspeler se motor getref het.

Mnr. Frikkie Erasmus, woordvoerder van die Stormers, het die voorval gister by navraag bevestig.

"Niemand is beseer nie. Die voorkant van Luke se motor is egter beskadig. Baie mense was verras om vir Luke en van sy Stormer-spanmaats op die toneel te sien," het Erasmus gesê.

Watson was kalm ná die voorval en verlig dat sy motor darem nie heeltemal 'n wrak is nie.

"Die persoon het oor 'n rooi lig gery. Dit was by die interseksie van Jip de Jager-rylaan en Voortrekkerweg. My spanmaats het my daaroor geterg toe hulle daar verbygery het," het Watson gesê.

"Ek is piekfyn en hoewel my motor beskadig is, sal dit nie afgeskryf hoef te word nie."

Die Stormers het gister ná 'n blaaskans oor die feestyd weer byeengekom. Watson se ongeluk het op pad huis toe in spitsverkeer plaasgevind.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |