Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Volksblad-man erg verniel
Jan 06 2009 07:29:13:263AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Frans Coetzee

Virginia. - Mnr. Isaac Cloete, Beeld se susterskoerant Volksblad se plaaslike korrespondent, is Nuwejaarsoggend vroeg na bewering wreedaardig hier buite 'n kroeg deur 'n familielid van 'n dubbele moordenaar en twee meelopers aangeval.

Cloete het gister gesê hy het in sy lewe nog nie so 'n onaangename Nuwejaar belewe nie.

"Ek is dankbaar dat ek lewe."

Cloete het gesê die drie mans het hom verlede Donderdagoggend ten aanskoue van vele omstanders voor die Pink Panty-kroeg in Concordia aangerand.

"Ek is platgeslaan, getrap en geskop. Wanneer ek probeer opstaan het om weg te kom, is ek ingehaal, getrap en geskop. Bevreesde omstanders het gegil, maar kon my nie help nie. Ek het deurgaans vir my lewe gepleit."

Cloete het gesê sy bril is middeldeur geslaan. Sy selfoon is ook gekrap.

"Halfnaak moes ek die aanvallers probeer afweer, want my hemp is flenters geskeur. Ek kon nie vastrap of hardloop nie, want my sandale is onder my uitgeslaan.

" 'n Vrou het genadiglik my stukkende bril opgetel en vir my gegee.

"Ek het kaalvoet met 'n ompad na my geparkeerde voertuig gevlug en van die gevaarlike toneel weggejaag."

Die volgende dag is Cloete behandel. X-straalfoto's is van sy lyf en tone geneem.

Cloete het gesê sulke barbaarse gedrag maak hom net meer vasberade om sy werk as korrespondent pligsgetrou uit te voer.

Cloete het 'n klag van aanranding ingedien. Hy oorweeg verder 'n siviele eis teen die vermeende aanvallers.

  • Terwyl Cloete in November verlede jaar die verhoor van mnr. Robin Cloete bygewoon het, het dieselfde familielid hom na bewering beveel om nie oor die hofverrigtinge verslag te lewer nie en hom glo geïntimideer.

    Regter S.A. Majiedt het Robin Cloete op 14 November skuldig bevind aan die moord op me. Shannon Wippenaar (24) en haar ma, Agatha. Cloete het sy minnares en aanstaande skoonma in Augustus 2007 met 'n vleismes doodgesteek.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |