Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Regsaksie dreig oor geld vir Steve se gekanselleerde konsert
George. - 'n Vrou wat na bewering R20 000 geleen het aan die organiseerder wat verlede jaar 'n konsert van Steve Hofmeyr in Hartenbos afgestel het, dreig met regsaksie om die geld terug te kry. Volgens me. Janet Kroon van Parow het sy in November verlede jaar die geld aan me. Lynette Louw van Vet Pret Promosies in George oorhandig. Kroon het geen verbintenis met Hofmeyr nie. Sy het Louw toevallig ontmoet, maar volgens haar het Louw haar vir die geld gesmeek onder meer om mense wat reeds vir kaartjies vir die konsert in Hartenbos betaal het, se geld terug te betaal. Hofmeyr het in Oktober verlede jaar in die Suid-Kaap opgetree. Sy konsert in George het plaasgevind, maar die konsert in Hartenbos is gekanselleer omdat daar glo te min kaartjies verkoop is, het Louw vroeër gesê. Volgens Kroon het Louw nooit die R20 000 aan haar teruggegee nie. Sy het 'n klag by die polisie in George aanhangig gemaak, waarna die saak na Parow oorgeplaas en 'n navraagdossier geopen is. Die staatsaanklaer het egter beslis dat niemand vervolg kan word nie omdat geen misdaad gepleeg is nie. Dit is 'n siviele aangeleentheid, het sr.supt. Billy Jones, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gister gesê. Rapport het vroeër berig die gastehuis in George waar Hofmeyr en sy gevolg twee nagte tuisgegaan het, is aanvanklik ook nie betaal nie. Luidens die berig het Louw en die eienaar oor die verblyfkoste onderhandel, maar die rekening is wel later vereffen. Louw het Beeld se suterskoerant Die Burger gister na haar prokureur, mnr. John Fourie van George, verwys. Fourie het gesê hy het nog geen dagvaardings oor enige lenings namens Louw ontvang nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|