Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Trekker beboet 'vir spoed van 94 km/h'
Jan 06 2009 08:22:20:163PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kuruman. – Die eienaar van ’n trekker wat skaars meer as 30 km/h kan ry, het ’n boete van R400 gekry nadat dié trekker glo teen 94 km/h tussen Kuruman en Danielskuil gery het.

Behalwe dat die trekker nie teen so ’n hoë snelheid kan ry nie, was die trekker volgens die eienaar boonop ten tyde van die beweerde spoedoortreding hard aan die werk in die lusernlande op die eienaar se plaas – sowat 700 km van waar die oortreding glo plaasgevind het. Mnr. Jim de Villiers, eienaar van die trekker en die plaas Toitdale in Noupoort, het die boete in sy posbus gekry toe hy van vakansie af teruggekeer het.

“Die boete is vir 8 Desember. My Massey Ferguson- trekker was op dié dag besig om lusern hier op my plaas te sny. Boonop kan die trekker nie eens 30 km/h haal nie!”

De Villiers het gesê dit was omtrent vir hom ’n nare verrassing.

“Ek het die verkeersdepartement gebel en hulle het erken dit is ’n fout.”

Volksblad, susterkoerant van Beeld, het verskeie kere probeer om die munisipale bestuurder van die Ga-Segonyana-munisipaliteit op Kuruman te kontak, maar hy was nie op kantoor nie. – Jana Engelbrecht


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |