Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Russiese kernskip nie in SA hawe toegelaat
Jan 06 2009 08:22:17:087PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marelize Barnard

Kaapstad. – ’n Kernaangedrewe Russiese oorlogskip is toegang tot Suid-Afrika geweier.

Die swaar kruiser Piotr Veliki sou die Tafelbaai-hawe vandeesmaand aangedoen het.

Die Nasionale Kernreguleerder (NKR) het egter ’n aansoek deur die Suid-Afrikaanse Vloot namens die Russiese Federasievloot vir dié besoek afgekeur.

Goedkeuring moes ingevolge die Wet op die Nasionale Kernreguleerder vir die besoek van 9 tot 15 Januarie verkry word.

Mnr. Gino Moonsamy, woordvoerder van die NKR, het gister bevestig hulle het die aansoek afgekeur en ’n kennisgewing is op 2 Januarie aan die Suid-Afrikaanse Vloot gestuur.

Die weiering was op grond daarvan dat die aansoek op 12 Desember in die Staatskoerant geadverteer is en dat daar dus nie genoeg tyd sou wees vir die verlangde 30 dae van openbare deelname voordat die skip sou vasmeer nie.

’n Veiligheidsopname is ook nie deur die Russe voorsien nie. Dié gesertifiseerde opname moet deur ’n onafhanklike Russiese owerheid gedoen word.

Die Russe het ook nie ’n verlangde omvattende noodplan in die geval van ’n kernongeluk verskaf nie.

Lt.kdr. Greyling van den Berg, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Vloot, het gesê hulle kan in dié stadium nie reageer nie. Dit is ’n saak tussen die Russe en die NKR.

“Ons wag vir die papieroorlog om homself uit te woed. Ons kan net terugsit en kyk wat gebeur,” het Van den Berg gesê.

Hy het bygevoeg dit is ’n jammerte dat die Piotr Veliki, wat 256 m lank is en ’n verplasingsmassa van meer as 20 000 ton het, waarskynlik nié hier gesien sal word nie.

Dié oorlogskip is meer as dubbel so lank as Suid-Afrika se fregatte van sowat 121 m.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |