Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Unisa is tevrede, al sit studente ure lank
Unisa is tevrede met sy nuwe registrasiestelsel, maar studente is ontevrede omdat dit volgens hulle baie stadig is. Die universiteit het verlede jaar ’n nuwe stelsel ingestel waar studente eers ’n aansoekprosedure volg om toelating te kry. Studente kon hul dokumente op die internet, per faks of per pos na ’n sentrale aansoeke-kantoor in Durban stuur. Amptenare het in Desember by die nuwe Unisa-registrasiegebou in Sunnyside, Pretoria, gewys hoe vinnig ’n student kan registreer. Bouwerk daar is nog aan die gang. Tog het die tou studente wat wag om te registreer gister tot ’n kilometer ver in die warm son gestrek. Me. Sibongile Gura (22) het gesê sy moes amper agt uur lank in die tou staan voordat sy gehelp is. “Ons staan heeldag in die son en dan beweeg ons in ’n gebou in waar bouwerk aan die gang is. Die amptenare wat hier en daar rondstaan, ignoreer jou as jy naby hulle kom. Die stelsel is onaanvaarbaar.” Me. Arinda Gilfillan (24) studeer al sedert verlede jaar aan Unisa en het gesê die registrasieproses is swak vergeleke met verlede jaar. “Niemand weet waarheen om te gaan nie. Hier is veronderstel om amptenare te wees wat ons help, maar hulle is nêrens in sig nie. Almal is verward en die lang toue is belaglik.” Al word studente aangemoedig om op die internet te registreer, is daar klagtes daaroor. “Ek het geprobeer om op die internet te registreer,” het me. Gayle van Staden gesê. “Ek het op ’n punt gekom waar ek nie verder kon gaan nie en die webtuiste is nie baie gebruikersvriendelik nie. Nou moet ek in die lang ry kom staan.” Me. Doreen Gough, mediabestuurder van die universiteit, het gesê studente moet geduldig wees. “Die rye hoop op omdat baie studente nie die ander registrasie-opsies gebruik het nie.” Sy raai studente aan om op die webwerf te registreer om lang toue vry te spring. “Die nuwe registrasiegebou sal teen Februarie voltooi wees. Die universiteit ontvang tans tot 5 000 studente per dag wat wil registreer.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|