Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bekende in welsynskringe vir deernis, diep geloof onthou
Jan 06 2009 08:22:15:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Tertia Flemming
Hilda Fourie

Mev. Tertia Flemming, bekend om haar bydrae tot welsyndienste in Suid-Afrika, is verlede week in die ouderdom van 101 dood.

“Behalwe vir die laaste agt weke het sy ’n goeie lewe gehad,” het mev. Esther van Kerken, haar dogter, gister gesê.

Flemming is op 28 Desember ná drie beroerte-aanvalle dood.

’n Dankdiens word môre-oggend om 09:30 in die NG-gemeente Suidoos-Pretoria in Brooklyn vir dié hoofbestuurslid van die destydse Oranje-vrouevereniging gehou. Flemming is ook ’n bekende oud-Bloemfonteinse predikantsvrou. Haar oorlede man was ds. H.C.J. Flemming van die NG gemeente Bloemheuwel. Haar seun is regter Monus Flemming, afgetrede adjunk-regterpresident van die Randse hooggeregshof.

Mev. Flemming het in 1953 ’n internasionale eerbewys vir haar bydrae tot welsynsdienste ontvang. In 1987 het die destydse pres. P.W. Botha die Orde vir Voortreflike Diens aan haar toegeken.Luidens ’n huldeblyk aan Flemming was sy die dryfkrag agter die oprigting en instandhouding van talle ouetehuise in die Vrystaat, behuising vir werkende vroue in Durban en Welkom, kleuterskole in Bloemfontein en versorgingswoonplekke vir ongehude moeders.

Volgens Van Kerken het haar ma altyd geglo sy moet haar brein aktief hou.

Flemming, ’n Beeld-intekenaar, het tot haar dood geglo sy moet minstens een koerant per dag lees.

“Ek sal my ma altyd onthou vir haar deernis, deursettingsvermoë en diep geloof,” het Van Kerken gesê.

Flemming het tot net voor haar dood in Brooklyn gebly, waar sy tuisversorging ontvang het. Sy laat ook agt kleinkinders en 11 agterkleinkinders agter.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |