Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pa vang sy eie baba op pad na hospitaal
Jan 06 2009 08:22:14:990PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Roy Crous, sy vrou, Bernadette en dogter, Kayla (3) by die nuutste toevoeging tot hul gesin, Keagan. Foto: Theana Calitz
Hilda Fourie

‘Boetie het by Mamma se boude uitgekruip.”

So sê klein Kayla Crous (3) aan almal oor haar boetie, Keagan, wat eergister langs die N4-hoofweg by die Hans Strijdom-afrit in Pretoria gebore is.

Kayla was gister baie beskermend oor haar boetie toe Beeld vir hulle in die Wilgers-hospitaal, in die ooste van Pretoria, gaan kuier het.

Volgens mev. Bernadette Crous (28) het Kayla Keagan se geboorte in hul motor aanskou.

Kayla is glad nie geskok nie, “maar vra nou net baie vrae”, het dié trotse ma laggend gesê.

Crous het gister vertel sy het eergisteroggend omstreeks 09:00 by hul huis in Witbank begin kontraksies kry.

Sy was 35 weke swanger.

By ’n hospitaal in Witbank is daar vir haar gesê dit is vals kontraksies en sy is huis toe gestuur. Teen 16:00 het mev. Crous vir haar man, Roy (29), gesê sy kan nie meer nie. Die gesin het toe in hul motor gespring en Pretoria toe gery.

Volgens mnr. Crous het hy met sy hoofligte en gevaarligte aan teen ’n hoë spoed Pretoria toe gery.

“Ons was net deur die Donkerhoek-tolhek toe my water breek,” het mev. Crous vertel.

“By die Hans Strijdom-afrit het ek vir Roy gesê ek gaan nie die hospitaal haal nie – hy moet aftrek en die baba vang.”

Mnr. Crous het langs die pad stilgehou. In dié stadium, het hy gesê, het alles vir hom “natuurlik” gekom, maar toe Keagan sy eerste lewenslig aanskou, het hy gewonder wat om nou te doen. Mnr. Crous het die dokter gebel, wat gesê het hulle moet so gou as moontlik by ’n hospitaal kom.

By die hospitaal is daar vir hom gesê terwyl hy nou die baba gevang het, kan hy net sowel sy seuntjie se naelstring knip.

Die trotse pa het gesê Keagan is vir hom ’n vroeë verjaardaggeskenk. Mnr. Crous word later vandeesmaand 30.

Dit gaan goed met ma en seun. Keagan moet net nog ’n dag of wat in ’n broeikas bly.

Volgens mev. Crous sal sy en Keagan hopelik môre kan huis toe gaan.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |