Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vroeë geboorte verhinder vrou se hofverskyning
Jan 06 2009 08:22:12:523PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Haastige ooievaar het gister die hofverskyning van ’n Zimbabwiese vrou in die wiele gery.

Die vrou, wat glo goedere ter waarde van R210 by Jet in Kerkstraat, Pretoria, gesteel het, is eergisteraand in die Pretoria-Sentraal-polisieselle aangehou, het kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het omstreeks 6:00 gisteroggend begin sleg voel. Die vrou is na die aanklagkantoor geneem. Voordat mediese hulp kon opdaag, het haar babaseuntjie sy opwagting gemaak.

Eergisteroggend toe sy gearresteer is, was daar geen teken dat sy sou kraam nie, het Jansen gesê. Volgens die polisie gaan dit goed met die ma en haar vroeggebore seuntjie wat nou in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria is.

Die ma is weens die geboorte van haar baba op eie verantwoordelikheid vrygelaat en sal weer op 18 Maart in die hof verskyn. – Daniel Maluleke


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |