Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Sinode besin oor verbintenis met Raad van Kerke
Potchefstroom. – Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se kort verbintenis met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) kan binnekort sneuwel. Voorstelle dat dié verbintenis beëindig word, is gister saam met verskeie ander kwessies ter tafel geneem. Dié sake is na kommissies verwys om dit behoorlik deur te trap voordat dit terugkom na die volle vergadering toe vir besluitneming. Die GKSA geniet die afgelope klompie jare waarnemerstatus by die SARK. Ná ’n vorige sinodebesluit het hulle aansoek gedoen om volle lidmaatskap, maar dié aansoek is nog nie afgehandel nie. Gister is daar aangevoer dat die GKSA liewer glad nie bande met die SARK behoort te hê nie. Daar is onder meer aangevoer dat die SARK nié homoseksualiteit of die intergeloofsbeweging verwerp nie. Voorts kan die GKSA se lidmaatskap van die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke (IKGK) hierdeur in gedrang kom. Die IKGK verbied sy lede om ook lede van die Wêreldraad van Kerke (WRK) te wees, terwyl die SARK noue bande met die WRK het. Die sinode Bosveld het ook aangevoer dat die besluit om by die SARK aan te sluit, geneem is op grond van ’n wanvoorstelling van die SARK aan die sinode. Hulle wys op die noue bande tussen die SARK en die WRK en hou die WRK dan voor as ’n kommunistiese frontorganisasie. Daar is ook aangevoer dat die SARK nie beantwoord aan die doel waarvoor die GKSA daarby aangesluit het nie. Daar is gehoop dat die SARK ’n kanaal sou bied waardeur die GKSA ’n getuienis aan die regering sou kon lewer, maar dit lyk nie of dit so sal werk nie. Die Gereformeerde Kerk Oos-Moot het ook gevra dat die GKSA se betrokkenheid by die parlementêre lessenaar van die NG Kerk beëindig word. Deur dié kantoor lewer kerke insette in die wetgewende proses. Daar is egter gevoel dat die GKSA dit liewer direk moet doen. Dié kwessies word bekyk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|