Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||
|
Moord op hoë: ‘Wie sê ek is nie dalk volgende?’
Die ANC se nasionale leiers het geen keuse nie as om moontlike politieke motiewe agter die moord op rdl. Jimmy Mohlala, speaker van die Mbombela-munisipaliteit, te ondersoek. “Die moord het persepsies geskep dat daar dalk politieke motiewe agter die daad is en die ANC sal die bewerings móét ondersoek,” sê mnr. Prince Mashele, politieke ontleder van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS). Dit kom nadat Mohlala Sondag voor sy huis in KaNyamazane buite Nelspruit doodgeskiet is. “Juis in ag genome dat die ANC-burgemeester, rdl. Lassy Chiwayo, prontuit beweer dat die moord om politieke redes gepleeg is, moet die party die bewering ondersoek. “Hulle sal moet vasstel waarom hy (Chiwayo) dit nodig ag om so ’n gevaarlike stelling te maak.” Mashele sê dit is nie die polisie se werk om ’n politieke motief te ondersoek nie. “Hulle is professioneel en dit is hul taak om die moordenaars aan te keer. Die ANC behoort parallel met dié ondersoek hul eie interne ondersoek te doen.” Mashele se siening het stukrag gekry toe die politieke krisis waarin die ANC hulle nou al bykans twee jaar in die raad bevind, binne enkele ure ná die moord drasties verdiep het. Verskeie ANC-raadslede, wat om ooglopende redes anoniem wil bly, het gister aan Beeld gesê dat hulle dit ernstig oorweeg om te bedank. “Wie sê ek is nie volgende nie?” wou een weet. Die raad is die afgelope twee jaar gekenmerk deur die interne politieke tweespalt onder ANC-raadslede. Dit het verlede jaar nie net daartoe gelei dat die raad onder administrasie geplaas is nie, maar dat die ANC ook hul burgemeester, mnr. Justice Nsibande, afgedank het. Die ANC-raadslede is nou al maande lank in twee faksies verdeel. Dié twis het gesorg dat die raad ook nou al nege maande lank sonder ’n burgemeesters?komitee (BK) funksioneer. Chiwayo is in Mei verlede jaar as burgemeester aangestel, maar ’n openlike geskil tussen hom en die provinsiale ANC-leierskorps het daartoe gelei dat hy nog nie ’n BK aangestel het nie. Hy het in Desember selfs sover gegaan om prontuit ’n opdrag van die ANC-leierskorps te verontagsaam toe hulle hom wou dwing om ’n komitee van hul keuse aan te stel. Chiwayo het eergister Mohlala se moord sonder huiwering as “ ’n fyn beplande politieke sluipmoord” beskryf. Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het gister aangedui dat die ANC hom eerder vir eers uit hierdie saak wil hou, berig Carien du Plessis. “Die beste manier om so ’n saak te hanteer is om bespiegeling op die minimum te hou en die polisie toe te laat om hul werk te doen,” het hy gesê.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|