Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Polisie soek 3 verdagtes ná melkboer se dood
Jan 06 2009 08:22:09:633PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Van der Gryp-gesin. Links is Roelof (21), Loffie (48), sy vrou, Linda (46), Leandré (17), en Bennett (23).
Amanda Roestoff

Krugersdorp. – Die Wes-Randse polisie soek drie verdagtes wat moontlik met die moord op ’n melkboer in dié omgewing verbind kan word.

Dit kom nadat twee ander vermeende aanvallers onlangs in hegtenis geneem is.

Mnr. Loffie van der Gryp (48), bestuurder van die Sterkfontein-melkery buite Krugersdorp, is op 28 Oktober verlede jaar buite sy kantoor op die familieplaas vermoor.

Sowat 12 bendelede het uit die bosse op die melkboer toegesak en hom met vuurwapens en klippe oor die kop geslaan voordat hulle in groepe verdeel en lede van sy gesin in die hoofhuis aangehou het.

Van die rowers was dieselfde aand in ’n skietgeveg met ’n pastoor (65) van die dorp betrokke, toe dié by dié melkery, waar hy gewoon het, opgedaag het.

Van der Gryp is in die bors geskiet. Lede van ’n taakspan van die Honeydew-polisiekantoor het enkele ure ná die grusame aanval en moord by die Sterkfontein-melkery twee sel-fone by ’n vulstasie ’n paar kilometer van die plaas opgespoor.

Die polisie het sedertdien onverpoos na die aanvallers gesoek.

Die Wes-Randse eenheid teen georganiseerde misdaad het verlede maand inligting ontvang oor twee verdagtes en dit opgevolg. Mnre. Dumisane Ncebesha (20) en Karlito Makamba (26), wat op die melkplaas gewerk het, is kort daarna in hegtenis geneem.

Albei mans het gister vlugtig in die landdroshof hier op aanklag van moord verskyn. Die saak is tot 16 Januarie vir formele borgtogaansoeke uitgestel.

  • Iemand met inligting oor waar die drie mans in die gesigsamestellings hiernaas hulle moontlik bevind, kan die ondersoekbeampte, insp. Peet Venter, by 071 603 8808 bel.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |